![]() Riana with her Cellar Cat, Katja | List of books Riana's poems |

| Short stories: Die ding in die vuur, HAUM-Literêr, 1990 - Uitgeverij Prometheus, 1996 Dulle Griet, Tafelberg, 1991 'n Huis met drie en 'n half stories, Tafelberg, 1994 Haai, Katriena, wat vertel jy my nou?, J P van der Walt, 1994 Katriena, nou lieg jy mos!, J P van der Walt, 1995 Katriena, née!, LAPA Feeks, 1999 Novels: | Poetry Met die taal van karmosyn, Human & Rousseau, 2001 Essays: |
| . Scheepersnek Onthou, my Lief, ek is Afrika, jou land. My land verwelkom my met 'n oorweldigende fanfare ek wóú nog oor die bergtop loer ek wóú nog my armbande skud saggies lag en wink van ver af wuif maar my land het geweet ek kom want toe ek oor die nek kom is die lug vol bebliksemde donderslae by die afdraai plaas toe trek die orkes van die lug oop my land wys my wat ek lánk nie gesien het nie: 'n simfonie van bliksem en reën Ons suster! Ons suster! ek gooi áltwee my arms oop my land omhels my vannag slaap ek nie alleen nie ek lê in die arms van die reën |
Dr Riana Scheepers is gebore op 9 Desember 1957 in KwaZulu-Natal. Riana gaan skool by die Hoërskool Vryheid waar sy in 1975 hoofmeisie is. Reeds op jong ouderdom wen sy verskeie pryse in poësie- en skryfkompetisies, asook etlike redenaarskompetisies. Sy word vir twee agtereenvolgende jare (1974-1975) aangewys as die beste redenaar in Noord-Natal. Sy neem ook deel aan verskeie sportsoorte en verwerf Noord-Natal kleure vir atletiek, swem en sierduik.
In 1976 begin sy haar studies aan die UOVS in Bloemfontein. Sy behaal die grade
B.A. Kommunikasiekunde (cum laude), B.A. Hons (Afrikaans en Nederlands) (cum
laude), MA (Afrikaans) (cum laude). In 1978 is sy primaria van haar koshuis
(Wag-'n-Bietjie) en word in 1979 tot die Sentrale Studenteraad van die UOVS
verkies. Sy was ook voorsitter van die Afrikaans-Nederlandse Vereniging
(1978-1979) en die Kommunikasievereniging. In 1997 behaal sy 'n doktorsgraad in
Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad oor die
kortverhaaloeuvre van Koos Prinsloo.
Sy word in 2000 aangestel as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap
en Kuns.
In 1988 aanvaar sy 'n pos as lektrise by die Universiteit van Zoeloeland. Haar
eerste kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat gaan oor die leefwêreld van die Zoeloes, word hier geskryf, asook
'n groot gedeelte van haar tweede bundel, Dulle Griet.
Die ding in die vuur is in 1991 bekroon met die ATKV-Prosaprys en die FAK-prys. Dulle Griet het in 1992 die Akademie vir Wetenskap en Kuns se Eugène Marais-prys
verower.
In 1990 aanvaar sy 'n pos as lektrise by die Universiteit van Kaapstad, en in
1995 sluit sy haar by Tafelberg Uitgewers as Skakelredakteur aan. In 1999
aanvaar sy n onderwyspos by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch en begin
die Stellenbosch Skool vir Skryfkuns en Kreatiewe Denke. Sedert 2002 is sy
voltyds skrywer.
Haar publikasies 'n Huis met drie en 'n half stories van 1994 (kortverhale) en Die heidendogters jubel van 1995 (roman) is beide binne een maand herdruk. Haar twee bundels
"kombuisverhale" Haai Katriena, wat vertel jy my nou! en Katriena, nou lieg jy mos! was blitsverkopers. Sy het die ongewone prestasie behaal deurdat drie van haar
boeke (die eerste twee Katriena-bundels en Die heidendogters jubel) in 1995 tegerlykertyd op die Top Tien-verkoperslys vir Afrikaanse boeke was.
In 1997 verskyn 'n bloemlesing verhale waarvan sy samesteller is, getiteld Dogters van Afrika. 'n Derde Katriena-bundel, Katriena, néé! en haar doktorale proefskrif getiteld Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes verskyn in 1998. Feeks, n bundel kortverhale verskyn in Oktober 1999 en in Maart 2000 in
Nederlandse vertaling.
In 2001 verskyn haar eerste jeugroman, Blinde sambok en haar eerste digbundel, Met die taal van karmosyn.
Al Riana se literêre publikasies is in Nederlands vertaal. Die titels
daarvan is:
Dulle Griet ('n versameling van verhale uit Die ding in die vuur en Dulle Griet);
Onbevlekte ontvangenis (Vertaling van 'n Huis met drie en 'n halwe stories),
De Heidendochters juichen (Vertaling van Die heidendogters jubel) en
Die ding in die vuur ('n versamelbundel van al haar kortverhale in een band).
Dochters van Afrika (bloemlesing)
Feeks (Vertaling van Feeks)
Dulle Griet was no 3 op die Nederlandse Top Tien-trefferslys. Feeks is binne twee weke na publikasie herdruk en het binne twee maande n
derde druk beleef.
Die ding in die vuur is 1998 in Spaans vertaal onder die titel Mujeres Zulues.
Van haar verhale het ook al in Frans, Engels, Pools en Esties verskyn.
Riana besoek reëlmatig op uitnodiging die buiteland en het al op
uitnodiging lesings gegee aan universiteite in Pole, Nederland en België.
Sy word ook gereeld gevra deur buitelandse instansies (soos
Biblioteekverenigings) vir lesings en voorlesings uit eie werk. Sy was in 1996
gas by die alternatiewe Boekebeurs (Het Andere Boek) in Antwerpen en 1997 en
1998 gas van die Antwerpse Boekebeurs. Sy het al verskeie lesingtoere oor haar
eie werk en die Afrikaanse letterkunde in Nederland, Friesland en Pole
onderneem.
In Maart 2000 was sy die gas van die kultuurvereniging Geletterde Mensen en was
op n uitgebreide voorlesingtoer in Vlaandere.
Ander publikasies en bedrywighede:
Click for web page at Tafelberg Publishers and Storiewerf
www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer