
Erika Murray-Theron was born in Natal into a school teacher's family. She
studied Psychology and Afrikaans at the Universities of Stellenbosch, Pretoria
and at Unisa (BSc.hon) and obtained also a diploma for special education.
She worked for the Labour Department, lectured at UNISA's department of
psychology, where she later did freelance translations and was editor of a
local monthly newspaper.
She also taught Afrikaans as a stand in at - among others - Afrikaanse Hoër
Meisieskool in Pretoria and at Menlopark High.
Erica works as a translator and regularly writes for different journals.
She lives with her husband, the engineer Tom Theron, in Pretoria and they have
five children.
Lewensbesonderhede van Erika Murray-Theron
Erika Murray-Theron is in KwaZulu-Natal gebore en het in Glencoe gematrikuleer.
Sy het in 'n onderwysershuis grootgeword en is van kleinsaf blootgestel aan
boeke en aan haar pa se belangstelling in taal. Sy het aan die Universiteit van
Stellenbosch, die Universiteit van Pretoria en Unisa gestudeer en honneursgrade
in Sielkunde en Afrikaans en ook 'n diploma in spesiale onderwys verwerf.
Sy het as vakkundige beampte by die departement van Arbeid gewerk, was daarna
verbonde aan UNISA se departement van Sielkunde, het later vryskutvertaalwerk
in die vak Sielkunde vir UNISA gedoen, was lank as berader verbonde aan FAMSA
en was gereeld op aflosbasis Afrikaansonderwyser by twee hoërskole. Sy was op
verskillende maniere by die gemeenskap betrokke – onder andere by haar kinders
se hoërskool, die plaaslike gemeenskapsbiblioteek, as redakteur van 'n
gemeenteblad en by die skakeling tussen leeskringe in Pretoria, waar sy woon.
Sy doen vertaalwerk, word van tyd tot tyd gevra om manuskripte te lees en tree
dikwels as spreker op. Sy is van jongs af 'n toegewyde leser.
Erika Murray-Theron het vandat sy onthou, belang gestel in stories vertel en
skryf, en sy het die gewone pad van Die Jongspan na die skoolblad na Die
Stellenbosse Student na tydskrifartikels na verhale in tydskrifte en in
literêre tydskrifte geloop. 'n Hele aantal van haar verhale is in bundels
opgeneem. In 1989 het haar eerste roman by Tafelberg verskyn.
Sy is getroud met Tom Theron, 'n ingenieur, en hulle het vyf kinders en vyf
kleinkinders.
Publikasies sluit in: · Wie is jy, Elizabeth? Tafelberg 1989 · Die toubrug, Tafelberg 1992 · Vlegsel, Queillerie 1995 · Die Mezzanine-klub, Queillerie 1998 · Sê Maria, Tafelberg 2001 · Kaalvoet oor die berg, Protea 2003 · Verblyf, Protea 2007 Haar roman 'n Tapisserie met klein diere sal in 2008 by Tafelberg verskyn
Toekennings
In 2002 is die ATKV-prosaprys aan Sê Maria toegeken.
In 2007 is 'n Tapisserie met klein diere aangewys as wenner van die
Sanlam-Insig Romanwedstryd.