Danie Knipe

Photo by Mariaan RoelofsePoet, Playwright and Actor
Poems: 'n Rooi bus gly verby my venster Afrikaans CVDanie Knipe was born in Beaufort West on 7 October 1978, but after two months
the town got too small and he packed his toys and his family in a box and moved
to Stellenbosch, where he started writing.
After spending some lost years in the hallways of a few local schools, he
matriculated from Paul Roos Gymnasium in 1996 and studied commercial art at
Paarl College, and later fine arts at Andrew Owen School of Art and Design.
During this time he lost interest in painting and started writing on n Bundel - gedigte en kortverhale in 1999. In November of 2000 he published this collection independently, but
admits that the work should never have seen the light in book form. Two years
later he published Godvergete: die tweede aanslag through Fenomeen Publikasies.
Since then he has moved his attentions to the stage and now spends most of his
time writing plays and short movies which he directs and produces. In 2000 he
co-wrote an adaptation of Faust for the Klein Libertas Theatre and in 2001 he did the same for Hamlet also for the K.L.T. He spent most of 2003 writing Swart September, a short film, with help from Tanja van Tonder and Tiaan du Preez, but ended
up adapting it for the stage in August 2003, again for the K.L.T.
Since the beginning of 2004 he has lived in London and is busy
writing a new collection, tentatively called Gunston sonder filter, as well as a new one-man-show comprising his poetry, called Die Hartseer Man met die Vuil Blou Jeans.
Books:
'n Bundel - gedigte en kortverhale, Pirate PP Publishing, 2000 (Revised second
edition, Oryx Publikasies, 2002)
Godvergete: die tweede aanslag, Fenomeen Publikasies, 2001 (Second edition,
Oryx Publikasies, 2003)* * *| 'n Rooi bus gly verby my venster Ek slaan my oë neer na die grond. Van waar sal my hulp vandaan kom? Ek vrees om my kop te lig en te blik op hierdie grou hemel, (ontwerp eons gelede deur 'n antieke god met verouderde toerusting) waar blou 'n uitsondering is eerder as die norm - dit was alles wit en swart
daai dae
ek laat sak my oë na die boomtoppe waar nuwe en onbekende voëls hulle vere pof teen die koue. Maar die Kraai
O, die swart Kraai van Hughes blyk oral te wees om sy vlerke te sprei die lug te verduister, en die swart stilte van die nag te bring.
Kom na my, o, Kraai, Kom sit op my skouer En ink 'n paspoort op my rug, Diep en donker onder my spier wit vel; 'n beeld van my moeder
Afrika
'n Rooi bus gly verby my venster
Kopiereg © 2004 Danie Knipe (voorheen ongepubliseer)
|
* * *
Danie Knipe is in Beaufort West gebore op 7 Oktober 1978, maar na twee maande
word die dorpie egter te klein en hy pak sy speelgoed en sy familie in 'n boks
en trek Stellenbosch toe. Dit is hier waar hy homself begin besig hou as 'n
griffellaar. Nadat hy 'n paar verlore jare spandeer het op die banke van
verskeie plaaslike skole, matriekuleer hy in 1996 aan Paul Roos Gimnasium,
waarna hy eers handelskuns studeer by Paarl Kollege, en later Skone Kunste by
Andrew Owen School of Art & Design. Gedurende hierdie tyd verloor hy
belangstelling in sy skilderwerk en begin hy skryf aan "'n Bundel - gedigte en kortverhale" in 1999. In November 2000 publiseer hy hierdie bundel onafhanklik, maar hy
erken dat hierdie bundle NOOIT die lig moes sien in boekvorm nie. Twee jaar
later volg hy dit op met "Godvergete: die tweede aanslag" by Fenomeen Publikasies.
Sedertdien het sy aandag verskuif na die verhoog, en hy spandeer nou meeste van
sy skryf tyd aan verhoogtekste en kort-films wat hy onafhanklik vervaardig. In
2000 is hy mede-skrywer van 'n suksesvolle verwerking van "Faust" vir die Klein Libertas Teater, en in 2001 was "Hamlet" aan die beurt, ook vir die K.L.T. Die grootste deel van 2003 spandeer hy
om "Swart September", 'n kort-film, te skryf met die hulp van Tanja van Tonder en Tiaan du
Preez, maar die teks is op die einde van die dag aangepas vir die verhoog,
weereens by die K.L.T.
Sedert die begin van 2004 woon hy in London, waar hy besig is om 'n nuwe
bundel, "Gunston sonder filter", sowel as 'n nuwe eenman vertoning gebaseer op sy digwerk, "Die Hartseer Man met die Vuil Blou Jeans" te skryf.
Text © 2004 Danie Knipe
www.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer
