Entrance to Uitkyk Manor
Entrance to Uitkyk Manor
Photo by Willem Malherbe
- click for enlargement

J. C. Kannemeyer

P.O.Box 1306
Stellenbosch 7599
Tel/Fax: 021 887 2744

Afrikaans CV    Books

Reis saam met John Kannemeyer en Wium van Zyl:
Literêre Storietoere se reiskalender
For reservations or phone/fax Prof van Zyl 021 976 5775

John Kannemeyer

An authority on Afrikaans Literature, J. C. Kannemeyer published books on the history of Afrikaans literature and biographies of writers.
Extraordinary Professor of Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University and independent author and researcher.

John Christoffel Kannemeyer was born on 31 March 1939 in Robertson, Western Cape. Here he grew up and attended school. He studied at Stellenbosch University where he obtained a DLit under the supervision of D.J. Opperman in 1964. Title of thesis:
Die stem in die literêre kunswerk.
In 1962 he joined the University of Cape Town as lecturer in Afrikaans and Dutch. Later he lectured at RAU (the Randse Afrikaanse Universiteit) and Stellenbosch University.
During 1976 - 1983 John Kannemeyer took care of the editor's secretariat of the literary magazine Standpunte.
He was professor in Afrikaans and Dutch at the University of the Witwatersrand from 1982-1987. He then worked as senior researcher at the H.S.R.C. in Pretoria.
In September 1992 Prof Kannemeyer returned to Stellenbosch as an independent researcher and author. He is a visiting lecturer and researcher at the universities of Nijmegen, Amsterdam and Leuven and is a member of the Dutch Literary Society (Maatschappij der Nederlandse letterkunde). Since 2004 he is Extraordinary Professor of Afrikaans and Dutch at Stellenbosch University.

In 1993, John Kannemeyer, with Wium van Zyl, began to organise literary tours.
Reservations for: John Kannemeyer's Literary Tours (in Afrikaans): Prof Wium van Zyl Tel/Fax: (021) 976-5775


Awards:

1979: Recht Malan Prize for Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur I
1987: Old Mutual Prize for Non fiction for D. J. Opperman
1988: Gustav Preller Prize for Literêre Kritiek
1996: Recht Malan Prize for Langenhoven: 'n Lewe
2000: Recht Malan Prize and Helgaard Steyn Prize for Leipoldt: 'n Lewensverhaal
C. Louis Leipoldt Prize of the Maatschappij der Nederlandse letterkunde for Uys Krige en die Suid-Afrikaanse politiek
2003: N.P. van Wyk Louw Medal

Books:
Prosakuns ('n inleiding tot die tegniek van die prosa), Nasou, 1968
Op weg na Welgevonden (on Etienne Leroux), Academica, 1970
Nederduitse digkuns (anthology), Academica, 1973
Kraaines, Human & Rousseau
Arbeidsgenot: 'n Besoekersgids, Arbeidsgenot, 1995
Ek ken jou goed genoeg - Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936–1939, Protea Boekwinkel, 2005
Die volledige versamelde gedigte van Eugène N. Marais, (compier), 2005

Die Afrikaanse Literatuur
History of the Afrikaans Literature:
Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, Academica, 1978/1983
Kroniek van klip en ster, 'n Studie van die oeuvre van D. J. Oppermann, Human & Rousseau, 1979 (published in honour of Opperman's 65th birthday)
Die Afrikaanse literatuur 1652-1987, Academica 1993
A history of Afrikaans literature, Shuter & Shooter, 1993
Op weg na 2000, Tafelberg, 1998
Kaap van Skrywers,'n Literêre Reisgids, Tafelberg, 2000
Sonklong oor Afrika, Tafelberg, 2000
Die dokumente van Dertig, Jutalit, 1990
Figuur en fluit, Dimensie, 1992
Die gespitste binneblik, Tafelberg, 1995
Verse vir die vraestel, Tafelberg, 1998
Die rym neem ook 'n hele lewe in beslag, Jutalit
Die Afrikaanse Literatuur, 2005

Literary essays:
Opstelle oor die Afrikaanse drama, Academica, 1970
Konfrontasies, Academica, 1977
Getuigskrifte, Jutalit, 1989
Die bevestigende vlam, Jutalit, 1990
Ontsyferde stene, Inset, 1996
Uit puur verstrooiing, 2007

Biographies:
D. J. Opperman: 'n Biografie, Human & Rousseau, 1986
Wat het geword van Peter Blum?, Tafelberg, 1993
Die bonkige Zoeloelander, Tafelberg, 1994
Opperman se lewe in beeld, Tafelberg, 1994
Die dienswillige dienaar, Tafelberg, 1995
Langenhoven: 'n Lewe, Tafelberg, 1995Leipoldt: 'n Lewensverhaal, Tafelberg, 1999
Uit die skatkis van die slampamperman, Tafelberg, 1999
So blomtuin-vol van kleure: Leipoldt oor Clanwilliam, Tafelberg, 1999
Die lewe en werk van Uys Krige, Die goue seun, Tafelberg, 2002
Uit die skatkis van die goue seun, Tafelberg, 2002
Jan Rabie: 'n Biografie,Tafelberg, 2004

Hutspot (a collection of Rabie's scattered articles), T, 2004
Die volledige versamelde gedigte van Eugène N. Marais, (editor), 2005
Hannes Van Der Merwe: Argitek en skrywersvriend, Protea Boekhuis, 2006
Leroux: 'n Lewe, Protea Boekhuis, 2008


John Christoffel Kannemeyer is op 31 Maart 1939 op Robertson in die Wes-Kaap gebore. Ná voltooiing van sy skoolloopbaan op sy tuisdorp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy in 1964 die graad D.Litt. onder promotorskap van prof. D J Opperman behaal met ’n studie oor Die stem in die literêre kunswerk (1965).
In 1962 word hy aangestel as lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Kaapstad, en daarna doseer hy agtereenvolgens aan die Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Stellenbosch.
In die periode 1982-1987 is hy hoogleraar in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Daarna is hy senior navorsingspesialis by die R.G.N. in Pretoria.
Sedert September 1992 woon hy weer op Stellenbosch waar hy voltyds navorsing doen en as vryskut werk. By herhaling bring hy studiebesoeke aan universiteite in Nijmegen, Amsterdam en Leuven en doseer hy oor die Afrikaanse letterkunde.
In die jare 1976-1983 behartig hy die redaksie-sekretariaat van die letterkundige tydskrif Standpunte. Saam met Wium van Zyl organiseer hy, as neweproduk van sy biografiese ondersoeke, vanaf 1993 literêre reise op die voetspoer van bekende skrywers. Hy is lid van die Maatschappij der Nederlandse letterkunde.

Naas sy doktorale proefskrif publiseer dr. Kannemeyer onder meer ’n inleiding tot die tegniek van die prosa (Prosakuns, 1969), ’n beskouing oor Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins (Op weg na Welgevonden, 1970), 'n bloemlesing met kommentaar uit die sewentiende- eeuse Nederlandse poësie (Nederduitse digkuns, 1973), ses bundels kritiese opstelle (Opstelle oor die Afrikaanse drama, 1970, Konfrontasies, 1977 Getuigskrifte, 1989, Die bevestigende vlam, 1990, Ontsyferde stene, 1996), Op weg na 2000, 1998 en ’n studie van Die dokumente van Dertig (1990). In Figuur en fluit (1992) en Die gespitste binneblik (1995) ondersoek hy die kunsopvattinge van D.J. Opperman, Martinus Nijhoff en Elisabeth Eybers. Verder redigeer hy werke van Uys Krige, D.J. Opperman, Eybers, Leroux en Kees Konyn en stel hy die versamelde gedigte van C. Louis Leipoldt en Krige saam. Hy publiseer ook ’n Afrikaanse poësiegids (Verse vir die vraestel, 1998) vir gebruik op hoër skole. Hy skryf ook die teks van sy en Wium van Zyl se Kaap van skrywers, 2000.

Kannemeyer is egter veral bekend as literatuurgeskiedskrywer en biograaf. As historikus publiseer hy ’n tweedelige Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur (1978 en 1983), Die Afrikaanse literatuur 1652-1987 (1988) waarby Op weg na 2000 (1998) aansluit en A history of Afrikaans literature (1993). Op die gebied van die biografie lewer hy D.J. Opperman (1986) en Wat het geword van Peter Blum? (1993), Langenhoven: 'n Lewe, (1995) en Leipoldt: 'n Lewensverhaal, (1999). By eersgenoemde werk sluit aan die Die bonkige Zoeloelander (1994), Opperman se lewe in beeld; by Langenhoven: 'n Lewe Die dienswillige dienaar (1995), ’n Langenhoven-fotoboek en Arbeidsgenot: 'n Besoekersgids (1995); en by Leipoldt: ’n Lewensverhaal Uit die skatkis van die slampamperman: 'n Leipoldt-omnibus, (1999) en So blomtuin-vol van kleure: Leipoldt oor Clanwilliam (1999)); By Die goue seun Uit die skatkis van die goue seun en Die naamlose muse (albei 2002).
Jan Rabie: ’n Biografie,Tafelberg, 2004

Vir Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur I ontvang Kannemeyer in 1979 die Recht Malanprys, vir D.J. Opperman in 1987 die Ou Mutualprys vir Nie-Fiksie en vir sy werk as letterkundige in 1988 die Gustav Prellerprys vir Literêre Kritiek. Hy ontvang weer in 1996 en in 2000 die Recht Malanprys vir sy biografieë oor Langenhoven en Leipoldt onderskeidelik. Sy Leipoldt-biografie word in 2000 met die Helgaard Steyn-toekenning bekroon. Vir 'n opstel oor "Uys Krige en die Suid-Afrikaanse politiek" ontvang hy die C. Louis Leipoldt-prijs van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde. In 2003 ontvang hy die N.P. van Wyk Louw-medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.


Information and Afrikaans text by John Kannemeyer, April 2002

Webmasterwww.StellenboschWriters.com © Rosemarie Breuer